Attractions in or nearby Hondeklip Bay

Some of the attractions in Hondeklip Bay (Hondeklipbaai).

Die Wrak van die Aristea:

 

Die Aristea het op 4 Julie 1945 op die rotse geloop. Dit was eers ‘n I & J vistreiler en daarna ‘n

mynveer in die Tweede Wêreldoorlog.

 

Die Hondeklip:

‘n Groot gneis-rots wat na ‘n hond lyk; vandaar Thomas Grace se benaming “Hondeklipbaai”.

Om navigasie tot die hawe te vergemaklik is die klip rooi geverf. In 1853 is die profiel geskend

toe die oor afgekap en na Kaapstad geneem is met die doel om ‘n fiktiewe “Dog’s Ear Copper

Company” te loods. Om en by 1970 is die neus deur weerlig beskadig.

Die Ruїne van die Kruithuis:

Die oorblyfsel van die ruïne van ‘n kruithuis wat in 1863 deur die CCMC Noord van die baai

opgerig is, kan nog gesien word.

About 18 km SSE down the coast from Hondeklip Bay the mouth of the Spoeg River is located. Here you will find caves of archaeological interest.

© 2019: Hondeklipbaai | Website Development by: Boland Digital | Powered by: WordPress